Vakansie in die see, son, sand en branders
Hierdie wonderbaai is ons tuiste, ons vakansieverblyf, ons werkplek, kuierplek en ons trots. Oesterbaai is geleë ± 90km vanaf Port Elizabeth naby St Francisbaai, Humansdorp en Jeffreysbaai. Hier is ongeveer 400 wonings waarvan ± 50 permanent bewoon word. Hier woon ‘n klein gemeenskap wat verantwoordelikheid neem vir die omgewing en wat toesien na die belange van al sy belasting betalers.
Die Oesterbaai Inwonersvereniging is gestig met die doel om die inwoners by te staan in ‘n poging om die agteruitgang van die infrastruktuur en dienste teen te staan en proaktief op te tree. Die Inwoners het ‘n bestuur gekies om na die belange van sy lede om te sien.
(Indien u enige inligting raakloop hier wat verouderd/foutief is stuur asb na emiasaa@gmail.com)
KOUGA Local Municipality
General Valuation Roll
2018 to 2023 Oesterbaai
Sandwater Plaasskool
‘Ons Wêreld’ nuusbrief (Kliek op datum)
Kliek hier vir Sandwater skool se Facebook blaai
KOUGA Riool Tariewe 2016/2017 nou ook betaalbaar vir Oesterbaai
Komitee vergaderings
Committee meetings
Oesterbaai artikel in EP Herald
Oesterbaai nie Kern-kragsentrale nie
Integrated Development Plan 2019
2019 Jaarvergadering
2019 Annual meeting
Environmental report 2020
2020 Jaarvergadering
2020 Annual meeting
Annual Fees - Jaargelde
Limaatskap: Enige persoon wat die belange van Oesterbaai op die hart dra, kwalifiseer vir lidmaatskap teen ‘n fooi van R50-00 pp per jaar. Grondwet op aanvraag beskikbaar.
Betaling elektronies: Absa: Rek. Oesterbaai Inwonersvereniging. Rek no. 4052178885. Verw. Naam en Van. Straatnaam, Erf no. Kontant betalings: Walter of Adriaan, Palingst. 214, of Martiens, by Kunrus, Grunterstraat
2021 Jaarvergadering
2021 Annual meeting
Kouga Call Centre for all service issues: please call 042 200 2200, press option 5 or WhatsApp the call centre line on 081 760 9183.
Die 2021/22 ledegeld aan die Oesterbaai Inwonersvereniging is nou betaalbaar. Die ledegeld beloop R50-00 per person.
Ons bedank ook al ons getroue donateurs. Die OIV het by sy afgelope twee jaarvergaderings besluit om ‘n beroep te doen op eienaars om jaarliks ‘n bedrag van R500 per huishouding aan die OIV te skenk. Alle fondse word gebruik om Oesterbaai ‘n beter plek te maak deur paaie in stand te hou, ons omgewing te verfraai, trappe na die rotse instand te hou, vullisdromme in stand te hou ens. Dit is ter aanvulling van die werk wat deur die Munisipliteit gedoen word.
EFT: Bank: ABSA. Rek. Oesterbaai Inwonersvereniging. Rek. no. 4052178885. Verw. Ledegeld, Naam en Van. Bewys van betaling aan: martiens@lantic.net
Kontantbetalings: By Walter of Adriaan. Palingstraat 214 of Martiens Grunterstraat 213.
Kouga
Public Inputs for Draft Integrated Development Plan 2022 - 2027
Click here for online response input