Tuisblad

Oesterbaai

Dienste

Dinge te doen

Skakels

Netwerk

Natuur

Tuisblad

 

Oesterbaai is `n klein dorpie aan die einde van `n grondpad. Een van die lekkerste dinge wat in `n jaar maar kan gebeur is as mens weer die Oesterbaai pad onder jou wiele voel raas en jy weet Oesterbaai is net oor die bult. Kom mens van die Transvaal af ruik die stof soos parfuum van puur verlange. Eers later, as jy klaar afgepak het en langs die see gestap het, mor mens weer oor ‘die pad en wat gaan hul daaraan doen’.

Oesterbaai is klein en rustig en meeste Oesterbaaiers kom hiernatoe omdat hul die stilte en vrede kan verwerk. `n Mens loop laagwater al strandlangs en verloor jouself in ou, ou gedagtes en drome. Visse wat weggekom het, vergange se kalwerliefdes en drome oor die jaar wat voorlę. Dit is maklik om hier weer moed te skep en weer te weet, alles is maar onder beheer, alles is eintlik maar reg, dit was maar net die stad se rumoer wat mens soms verkeerde Westekant toe dwing.

Daar is iets magies in die sweefvlug van `n meeu, die sku dwarshardloop van die strandlopertjies en dolfyne wat rustig patrolleer. dinge wat so volmaak in eenvoud is... `n Klein ronde klippie wat opgetel word en in die broeksak broei. Later wonder mens hoekom die klippie dan nou anders lyk en besef mens die oog sien soms mooier as ander tye.

Oesterbaai se mense groet almal mekaar in die verbygaan, soos familie. Dis eintlik raar want min plekke sien mens dit nog. Mense word vandag  geleer om oogkontak te vermy sodat skelms hul afstand hou. Met bietjie geluk hou ons die kosbaarheid nog `n hele ruk.

 

Vakansie in die see, son, sand en branders

These pages are still under development and will also be available in English, pretty soon, for your convenience!

Web ontwerp — Mias Strydom

Kliek hier om e-pos aan my te stuur

 

Oesterbaai

Info

Dogpile